top of page

So. 05 Des.

|

Gereformeerde Kerk Bellville-Oos

Beperkte Sitplek Erediens - 5 Desember 2021 Oggenderediens om 9:00

Erediens met registrasie vir maksimum 350 lede (50% van gebou se kapasiteit)

Registrasie is Geslote
Sien volgende gebeure
Beperkte Sitplek Erediens - 5 Desember 2021 Oggenderediens om 9:00
Beperkte Sitplek Erediens - 5 Desember 2021 Oggenderediens om 9:00

Time & Location

05 Des. 2021 09:00 – 10:00

Gereformeerde Kerk Bellville-Oos, 4 Cherry St, Bellair, Cape Town, 7530, South Africa

Guests

About the event

Die volgende reëlings sal geld vir hierdie oggend-eredienste:

  • Almal word gevra om in groot verantwoordelikheid te besluit oor sy/haar teenwoordigheid. Indien u self siek is of ‘n risiko vir ander lidmate is om ook siek te word, vra ons u om uit liefde en omgee vir u medegelowiges tuis te bly en op die internet-uitsending in te skakel.
  • Almal moet asseblief hulle plekke vooraf bespreek sodat ons nie die gemagtigde getal van 350 persone oorskry nie. U kan u plek deur die loop van die week op ons gemeente se webtuiste bespreek. Indien u nie internet het nie kan u vir Jenny in die kerkkantoor (021-919 4303) skakel vir hulp. Die besprekingstelsel op ons webtuiste is so opgestel dat indien die getal van 350 persone vol is, daar geen verdere besprekings aanvaar word nie.  Indien die besprekings vol is kan ons ongelukkig geen "instappers" akkommodeer nie.
  • Almal word versoek om steeds ‘n masker te dra en by aankoms van die hand saniteerder gebruik te maak. Behou in die kerkgebou asook daarbuite ‘n veilige afstand tussen u en ander lidmate.
  • Daar sal twee bemande ingange wees. By aankoms word u versoek om by die bemande tafel net langs u naam te teken by die twee belangrike covit-vrae oor u gesondheid en bewegings. Die vrae is: Enige covid-19 simptome? Laaste 14 dae enige kontak gehad met ‘n positiewe covid-19 geval?
  • U word ook vriendelik versoek om in die kerkgebou ‘n veilige afstand tussen u en ander lidmate te behou. Gesinne en egpare kan egter bymekaar sit.
  • Daar sal vir veiligheid geen kollektes tydens die eredienste opgeneem word nie. Ons vra u om steeds deur middel van Zapper of ‘n elektroniese inbetaling u bydrae te gee met die korrekte verwysing.
  • Na afloop van die eredienste word u ook vriendelik versoek om nie in die kerkgebou te kuier nie maar wel buite met inagneming van u eie en ander se veiligheid.
  • Hierdie reëlings sal voortdurend gemonitor word en aangepas word waar nodig.

Tickets

  • Beperkte Plekke

    R 0,00
    Sale ended

Total

R 0,00

Share this event

bottom of page