top of page

HOëRSKOOL STAP

Sa. 23 Mrt.

|

Greyton

Greyton na McGregor : 2 dae : 32km : 23 - 24 Maart 2024

Registration is closed
See other events
HOëRSKOOL STAP
HOëRSKOOL STAP

Time & Location

23 Mrt. 2024 12:00 – 24 Mrt. 2024 16:00

Greyton, Greyton, 7233, Suid-Afrika

Guests

About the event

· · Staproete: Die stap begin in Greyton. Ons slaap in ʼn pragtige hut bo op die berg wat uitkyk oor McGregor.

· Koste: R300 - sluit in akkommodasie en parkfooi.  

  • BETAAL IN KERK SE BANKREKENING:  MET VERWYSING: Hoërskoolstap + jou naam
  • GK Bellville Oos: ABSA Tjekrekening:  1450 340 029

· Vervoer na en terug vanaf die staproete: Die groepleiers (jong volwassenes) het aangebied om te help stappers aanry. Indien u kind vervoer sou benodig kontak asseblief vir Zea (086 301 4911). Daar is meer as een ontmoetingspunt, sy sal u in kontak sit met die naaste punt aan u.

· Akkommodasie: Die hutte het ten volle toegeruste kombuise, beddegoed en handdoeke. Ons pak ‘n noodhulptassie in. Probeer om so lig as moontlik te pak.

· Bespreek vandag: Daar is slegs plek gereserveer vir 15 leerders! Bespreek so gou as moontlik.

· Indien julle ‘n Gesins-“Wildcard” het, kan ons die besonderhede aan Cape Nature stuur om jou parkfooie te dek.

· Indien u enige vrae het oor die staproete, kontak gerus vir Andriette of Wagner Human (082 686 0713 of 083 235 3727).

Inpaklysie:

Algemeen:

· Gemaklike stapskoene

· Een paar skoon stapklere (varkie-aand word aanvaar).

· Twee paar kouse

· Gemaklike skoene vir na die stap (plakkies is voldoende)

· Gemaklike klere vir na die stap

· Reënbestande Jas/ Poncho/ Swart sak

· Warm top

· Slaapklere

· Swemklere (daar is halfpad ʼn swemgat)

· Swemhanddoek

· Waterbottel, hoed, sonskerm

Kos:

· Middagete x2 (bv: tuna sakkies en crackers)

· Snacks

· Aandete (Ons gaan ‘n vuurtjie aansteek en saam braai, pak ‘n vleisie en bygereg in (bv: groente in foelie of knoffelbroodjie)

· Ontbyt x1 (bv: instant oats of snack bar)

Share this event

bottom of page