top of page
  • Writer's pictureGKBO

GKBO Kos projek

Updated: Apr 22, 2020

Liewe gemeente van Bellville-Oos


Die grendel-tyd veroorsaak dat baie mense nie op die oomblik inkomste het nie en gevolglik is daar baie plekke waar gesinne dan ook nie kos het nie.


Ons het met die Stadsraad kontak gehad en uitgevind dat daar ‘n groot kos nood is in Kraaifontein.


Daarom wil ons gemeente ‘n vinnige projek loots waar ons vir nou net kos wil insamel en dit dan gaan aflaai sodat daar onmiddelike nood verligting kan wees.


Hoe werk die projek?

Sal jy asb. so gaaf wees om nie-bederfbare produkte (byvoorbeeld: noodles, spagetti, meel, blikkies kos, ens.) te gaan aflaai by depots in jou omgewing voor Donderdag aand 23 April.


Die gedagte is dat jy net die persoon by die depot bel en laat weet dat jy voor hulle huis is, dit net aflaai en weer gaan, sommer so op pad terug van die winkels af.  Hou asb sover moontlik julleself en die produkte “virus-veilig”.


Hennie en Andries Venter gaan dan die kos Vrydag oggend met permitte by die depots  optel en dit aflaai in Dennegeur by Rusoord by 'n saal wat daarvoor beskikbaar gestel is deur Marian Nieuwoudt (raadslid van Brackenfell). Vandaar sal al die kos versprei word na die regte plekke.


NB: Die depots is almal huise van gemeentelede in ons gemeente.


Hier is die depot’s se adresse en selnommers:


Bellville: Stellenberg en Boston Area’s


Reinder en Cecile Kingma: 084 827 5893

KATZENELLENBOGENSINGEL 7, STELLENBERG, BELLVILLE


Hendrikjan en Mareli Mosca: 082 603 6418

11DE LAAN 46, BOSTON, BELLVILLE


Brackenfell:


Reynold en Vicki Fourie: 084 707 6276

BRANDSINGEL 61, BRACKENFELL, BRACKEN HEIGHTS


Jenny Gerber: 073 156 9685

DORINGBOOMSTRAAT 7, DE OUDE SPRUIT, BRACKENFELL


Kraaifontein:

Phillip en Gerda Kruger: 066 274 3053

DAN KINGSTRAAT 123, BONNIE BROOK, KRAAIFONTEIN


Durbanville:

Koos en Anneke Marais: 082 410 0415 (slegs Donderdag)

MOUNTAIN VIEW-SINGEL 4, DURBELL, DURBANVILLE


Cor en Karin van der Walt: 084 675 5574

VUE DES MONTS 7, H/V MURRAY & COETZER, VIERLANDEN


Kuilsrivier:

Jannie en Marlene Buys: 083 675 9007

KERKSTRAAT 49, AMANDELRUG, KUILSRIVIER


Fanie en Hettie Henning: 073 215 5678

AMANDELRYLAAN 40, KUILSRIVIER


Protea Vallei en Welgemoed area:

Danie en Rouzelle Gryffenberg: 084 460 7333

ROOISUIKERKANSTRAAT 22, PROTEAVALLEI, BELLVILLE


Blommendal:

Johan en Marietjie Stander: 083 281 0993

YSTERHOUTSTRAAT 22, BLOMMENDAL, BELLVILLE


Baie dankie dat ons op so manier ons lig kan laat skyn in die tyd.  Vir baie is hierdie die “gee ons ons daaglikse brood” gebed. Baie dankie aan almal se huise wat as depots gebruik word en dankie aan die Venter broers vir die oplaai en aflaai Vrydag.


O ja.  Jy kan ook ’n finansiële bydrae maak en dit in die gemeente se rekening in betaal met verwysing: GKBO kosprojek.


Dit sal gaaf wees as jy dit voor Vrydag kan doen, sodat ons aankope kan gaan doen en dit aflewer by die verspreidingspunt.


Gemeente se rekening besonderhede:


Gereformeerde Kerk Bellville-Oos, Absa tjek rek, Takkode: 632005, Rekeningnommer: 1450 340 029 


Vrede!


Reinder en Reynold

359 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page