top of page
  • Writer's pictureGKBO

GKBO Kos Projek Reik Uit

'n Reuse DANKIE

Die Afrikaanse WAT (Woordeboek van die Afrikaanse Taal) beskryf die woord “dankie” as volg:

‘n Trefwoord: ‘n uitroep om dankbaarheid te kenne te gee.

Hier moet ons die woordjie “uitroep” in hoofletters skryf, want ons dankbaarheid teenoor die Gemeente se oop harte en oop hande met ons onlangse kosprojek kan slegs met ‘n BAIE GROOT UITROEP betoon word.

Buiten die sakke voorraad wat by al die depots gehaal is, is daar ‘n bedrag van R 28 430 inbetaal. Daarmee is grootmaat aankope Vrydagoggend by Makro gedoen (wat voedselpakke vir 136 gesinne kon bied) en saam met al die ander skenkings by die saal afgelewer vir verpakking en verspreiding in Kraaifontein. Hierdie is met groot dankbaarheid en vreugde ontvang.

Ons wil vir elkeen wat hierby betrokke was, van die aanvanklike reëlings, eie aankope en skenkings uit u eie koskas, die inbetalings van bydraes, die rondry na al die depots, en aankope by Makro en die verskeie aflewerings, asook die pakkers ‘n reuse Uitroep van Dankbaarheid gee. Hierdie kos gaan ‘n enorme verskil maak in die lewens van mense wat hongersnood en geweldige swaarkry in die gesig staar. Ons is die Here dankbaar vir oop harte en hande! Hierdie was ‘nm reuse projek wat in ‘n baie kort tyd gestalte gekry het.

294 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page